Hekelwoorde van my Hart
Tania Smit2018

Synopsis

Moyenne

-

0 vote

-

Die langverwagtige boek met uittreksels van die steeds groeiende en gewilde Afrikaanse webblad, Hekelwoorde van my Hart, is gepubliseer op versoek van lesers, volgelinge, geraaktes en vervlegtes vir vashou en koester en liefhê. Die boek bestaan uit kort skryfstukke sowel as gedigte. Die mees konsekwente terugvoer wat Tania van lesers ontvang, is dat sy dit regkry om emosies te verwoord wat hulle self nog altyd gevoel het, maar nog nooit woorde voor kon vind nie. Die eerlike en opregte manier waarop sy met haar eie tekortkominge omgaan, hoe raak sy emosies oor alledaagse probleme en situasies verwoord, en veral die deurdagte manier waarop die mees persoonlike gedagtewêreld van elke mens pynlik akkuraat en reguit deur haar omskryf word, is uniek. Glendine Chrisholm, bekende skilder van De Rust in die Wes Kaap, het die illustrasies gedoen – en die eindproduk is 'n perfekte sinergie tussen siel en woord, wat moeiteloos en sonder enige voorspelbaarheid hulself, elkeen op sy eie tyd, deur die loop van die boek openbaar. Tania Smit woon in Oudtshoorn saam met haar twee tienerkinders, Julia en Adrian. Sy skryf oor die voel van haar eie lewe as reënboogkind, single dating in haar veertigs, haar vrese en oorwinnings, om gevat en gelos te wees, genoeg en te min te wees, en oor wyn en vure en kos en reis en ma-wees en menswees. Sy is 'n dromer maar ook 'n realis. Die woorde in hierdie boek is haar storie, maar ook almal se storie.

Titre original : Hekelwoorde van my Hart (2018)

1 édition pour ce livre

2018 Editions University of KwaZulu Natal Press

Anglaise Langue anglaise | 211 pages | ISBN : 9781776055524

D'autres livres dans ce genre

Aucune chronique pour ce livre

En vous inscrivant à Livraddict, vous pourrez partager vos chroniques de blog dans cette zone ! M'inscrire !

0 commentaire

En vous inscrivant à Livraddict, vous pourrez commenter ce livre. M'inscrire !